We are not Perfect, but we are Different. Warriors is ons bediening vir manne. Die byeenkomste vind eenmaal ‘n maand, op ‘n Donderdagaand, plaas. (Behalwe gedurende die vakansietye. Na Covid doen ons slegs een event per kwaartaal. Dit sal in 2023 weer elke maand plaasvind.) Ons doel en begeerte is om die mans en seuns in ons gemeente en gemeenskap te bedien en toe te rus vir die uitdagings van manwees. Ons sal graag wil sien dat ons manne hul plek in die huis verstaan, as hoof van die huis, maar ook as leiers in die gemeenskap. Die verantwoordelikhede wat mans vandag dra en dit wat van hulle verwag word, is geweldig groot. Baie van ons manne voel hulle is nie bekwaan om hierdie groot verantwoordelikheid te dra nie. Tog het God ons as man geskep, toegerus en vertrou met hierdie groot taak. Ons sal ook graag wil sien dat elke seun sal verstaan wat dit beteken om man, pa en ‘n leier te wees.
Ons fokus by ons byeenkomste is op die bediening van die Woord, die werk van die Heilige Gees in ons manne se lewens, asook ‘n tyd vir kuier, saam eet en die bou van verhoudings. Ons begeerte is dat manne by ons Warrior byeenkomste ‘n familie sal hê waar hulle veilig en gemaklik sal voel. Familie-wees is vir ons gemeente ‘n baie hoë prioriteit. Jy is so welkom om hierdie byeenkomste by te woon.
The angel of GOD appeared to him and said, "GOD is with you, O mighty Warrior!"
We use cookies to analyze website traffic and optimize your website experience. By accepting our use of cookies, your data will be aggregated with all other user data.