AFM House of Restoration

AFM House of RestorationAFM House of RestorationAFM House of Restoration
Home
Contact
Online Church
Warriors
Ministries
Kids Ministry
Divorce Care
Serving the community
Renew
Coming Events
Wysheid met die Grysheid

AFM House of Restoration

AFM House of RestorationAFM House of RestorationAFM House of Restoration
Home
Contact
Online Church
Warriors
Ministries
Kids Ministry
Divorce Care
Serving the community
Renew
Coming Events
Wysheid met die Grysheid
More
  • Home
  • Contact
  • Online Church
  • Warriors
  • Ministries
  • Kids Ministry
  • Divorce Care
  • Serving the community
  • Renew
  • Coming Events
  • Wysheid met die Grysheid
  • Home
  • Contact
  • Online Church
  • Warriors
  • Ministries
  • Kids Ministry
  • Divorce Care
  • Serving the community
  • Renew
  • Coming Events
  • Wysheid met die Grysheid

Ministries

Hospitaalspan

  Gaan jy of een van jou geliefdes dalk hospitaal toe? Laat weet ons en een van die hospitaalspan lede sal jou kom besoek en jou bedien.Miskien wil jy betrokke raak by die bediening en self vir iemand gaan besoek in die Hospitaal of by die huis? Kontak ons gerus en ons kan jou help om te begin met die bediening. 

Koffie Lounge

  Die Lounge is die plek in die kerk waar daar lekker gekuier word saam met vriende en ‘n lekker koppie koffie en iets heerlik om te eet. Hier is ‘n geleentheid waar man en vrou of enkel persone kan help op ‘n Sondag om mense te bedien. Alle opleiding word gegee en dit is so eenvoudig self kinders sal dit geniet. Jonk en oud is welkom! Kom word deel van die span.

Helpers Bediening

  Hou jy van mense? Hierdie bediening kan jou die geleentheid gee om mense welkom te heet en om nuwe mense tuis te laat voel. Helpers verig take soos om te kyk voor en na die diens op Sondae of al die lokale gereed is vir hulle betrokke bedieninge, seker te maak al die ligte is aan geskakel en tydens die diens die offerhandes op te neem. Jy kan die verskil maak aan die volgende persoon wat ons gemeente kom besoek deur hom of haar welkom te laat voel.

Bussie Drywers

    Hou jy daarvan om te bestuur? Ons het altyd drywers nodig wat persone gaan haal vir Sondae dienste. Die kerk sal jou help om jou PDP (Persoonlike bestuurs permit) te kry asook om dit te betaal. Al wat nodig is, is ‘n geldige bestuurslissensie. Kontak die kerkkantoor indien jy sou belangstel.

Gebedsgroep

      Ons gemeente het ‘n aktiewe gebedsgroep wat deurentyd intree vir gebedsversoeke.

Enige versoek, kan na 0714883647 gestuur word, via SMS of Whatsapp.

Wil jy betrokke raak? Jy kan ook inskakel en deel word van hierdie groep intersessors wat vir ander intree.  

Bejaarde Bediening

        Baie van ons Seniors is nie meer instaat om kerkbyeenkomste by te woon nie, van hulle se familie is ver en dikwels is daar bejaardes wat vereensaam en behoeftes het, waarvan niemand bewus is nie.

Net ‘n oproep, whatsapp of besoek, kan die wêreldse verskil vir so bejaarde beteken.


Wyshied met grysheid:

Eenmaal 'n maand kom die bejaardes wat wil/kan, saam vir 'n heerlike saamkuier, aktiwiteite en vir 'n Woord van bemoediging.

Skakel in by ons Bejaarde bediening. (Whatsapp/SMS 0714883647)

Copyright © 2025 House of Restoration - All Rights Reserved.


Powered by GoDaddy Website Builder

This website uses cookies.

We use cookies to analyze website traffic and optimize your website experience. By accepting our use of cookies, your data will be aggregated with all other user data.

Accept